Wateraap (astrologie)

壬申

Die Wateraap (壬申, rénshēn) is die negende jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die negende Hemelstam (壬, rén; die element Water en Jang) met die negende Aardtak (申, shēn), gesimboliseer deur die Aap (猴, hóu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Wateraapjaar het in 1992 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 4 Februarie 1992 tot 22 Januarie 1993.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy